Psalms 129:1-8

Psalms 129:1-8 ABA

'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. “Ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was,” dit moet die volk Israel sê, “ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was, maar hulle kon my nie wen nie. Hulle het my rug stukkend geslaan met swepe. Dit het gelyk soos wanneer iemand geploeg het en die grond stukkend gebreek het. Die Here het reg gedoen, Hy het die toue losgesny waarmee die mense my vasgebind het, die mense wat verkeerd doen. Ek bid dat almal wat vir Sion haat, sal verloor en sal verdwyn. Ek bid dat hulle sal wees soos gras op huise se dakke, gras wat droog word voordat dit mooi gegroei het. Niemand kan dit afsny en die gerwe vasbind nie. Niemand sal verbykom en sê: ‘Ons bid dat die Here julle sal seën’ nie. Niemand sal sê: ‘Ons seën julle, ons weet dat die Here julle sal seën’ nie.”