U praat kwaai met die hoogmoedige mense,
U het hulle vervloek.
Hulle is die mense wat nie wil doen
wat u gebooie sê nie.
U moet keer
dat mense my nie spot en verneder nie,
want ek doen wat U sê.
Ook wanneer belangrike mense
saam planne maak teen my,
dan sal ek, u dienaar, altyd aan u wette dink.
Wat U sê, maak my bly,
dit sê vir my wat ek moet doen.
Wanneer dit sleg gaan met my,
dan moet U my laat aanhou lewe, soos U gesê het.
Toe ek vir U vertel het van my lewe,
toe het U my geantwoord.
U moet vir my leer wat u wette sê.
U moet my help om te verstaan wat U beveel,
sodat ek oor u wonderwerke kan dink.
Ek smelt weg van die pyn,
U moet my regop hou, soos U gesê het.
U moet keer dat ek nie vals lewe nie,
U moet genadig wees vir my en vir my leer.
Ek het gekies om eerlik te lewe,
ek het onthou wat U besluit het.
Here, ek hou vas aan wat U sê,
U moet my help om te weet wat ek moet doen.
Ek wil graag lewe soos u gebooie sê,
want U sal my help om dit te verstaan.
U moet vir my leer wat u wette beteken,
sodat ek altyd kan doen wat die wette sê.
U moet my help om te verstaan,
sodat ek kan doen wat U vir my leer
en sodat ek daaraan gehoorsaam kan wees
met my hele hart.
U moet my laat lewe soos u gebooie sê,
want dit is vir my lekker.
U moet my help
sodat ek graag sal wil doen wat U sê
en nie sal kies om ryk te word nie.
U moet my help sodat ek nie dinge wil hê
wat niks beteken nie,
U moet my laat lewe soos U wil hê.
U moet vir my doen wat U belowe het,
vir my, u dienaar,
want U het dit belowe vir mense wat vir U dien.
U moet keer dat mense my nie spot nie,
ek is bang daarvoor, want wat U besluit, is goed.
U moet dit weet, ek wil graag hoor wat U beveel,
U sal reg doen en my laat aanhou lewe.
Here, U moet vir my doen wat U belowe het,
U moet my red, U het dit belowe.
Dan sal ek die mense kan antwoord wat my spot,
want ek glo dat U sal doen wat U gesê het.
En U moet my help om altyd die waarheid te praat,
want ek glo dat U sal doen wat U besluit het.
En ek sal aanhou doen wat U vir my leer,
altyd en altyd.
En ek sal lewe soos 'n vry mens,
want ek het probeer doen wat U beveel het.
En ek sal vir konings vertel wat U sê,
ek sal weet wat om te sê.
Ek sal aanhou bly wees oor u gebooie,
ek is lief vir hulle.
Ek respekteer u gebooie, ek is lief vir hulle,
ek sal aanhou dink oor u wette.