Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my koning gesê: “Jy moet hier langs My sit, op die belangrikste plek, want Ek sal jou vyande verneder, en Ek sal hulle voor jou laat lê sodat jy jou voete op hulle kan sit.” Die Here is in Sion, Hy sal jou help om 'n sterk koning te wees. Hy sê: “Jy moet regeer oor jou vyande.” Jou soldate sal self kom wanneer jy oorlog wil maak, hulle sal gewyde klere dra. Jou jongmanne sal vir jou wees soos die dou vroeg in die oggend. Die Here het belowe, en dit sal so wees: Jy self sal altyd 'n priester wees soos Melgisedek 'n priester was. Die Here sal langs jou wees, Hy sal konings oorwin wanneer Hy kwaad is. Hy sal die Regter van die volke wees, Hy sal die hele aarde volmaak met hulle lyke, Hy sal die leiers oorwin. Die koning sal water drink uit die stroom langs die pad, en dan sal hy sy vyande oorwin.
Lees Psalms 110
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 110:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's