Psalms 105:16-25

Psalms 105:16-25 ABA

Die Here het hulle honger laat word, daar was niks om te eet nie. Hy het 'n man gestuur om voor hulle te gaan, die man was Josef, sy broers het hom verkoop, en hy het 'n slaaf geword. Hulle het sy voete met toue vasgemaak, hulle het 'n ysterband om sy nek gesit. Josef was 'n slaaf totdat die tyd gekom het toe hy moes praat, en die Here vir hom gesê het wat hy moet sê. En wat hy gesê het, het gebeur. Die koning het mense gestuur en hulle het vir Josef uit die tronk laat kom. Die man wat oor volke regeer het, het vir Josef die deure laat oopmaak. Die koning het vir Josef gekies en aangestel om oor die paleis te regeer, Josef moes regeer oor alles wat aan die koning behoort het. Josef kon vir die amptenare van die koning sê wat hy wil hê hulle moet doen. Hy het vir die leiers geleer wat die regte dinge is wat hulle moet doen en sê. Jakob het na Egipte gekom, hy het in die land van Gam kom woon, en hy was 'n vreemdeling daar. Die Here het sy volk baie kinders laat kry, hulle het meer geword as hulle vyande. Die Here het die harte van die vyande verander, hulle het sy volk gehaat en hulle het slim planne gemaak teen sy dienaars.