Psalms 103:15-22

Psalms 103:15-22 ABA

Die mens se lewe is soos die lewe van 'n plant, hy groei soos 'n veldblom, en wanneer die wind daaroor gewaai het, dan is die blom weg, niemand weet waar hy gegroei het nie. Maar die Here hou aan om te doen wat Hy belowe het, Hy hou aan om reg te doen aan die mense wat Hom dien, en aan hulle kinders en kleinkinders. Hy doen reg aan almal wat gehoorsaam is aan sy verbond en wat doen wat Hy sê. Die Here het sy troon in die hemel gesit, Hy is Koning van alles en almal. Engele van die Here, julle moet die Here prys, julle wat sterk is en wat doen wat die Here sê. Al die sterre van die Here moet Hom prys, almal wat vir Hom werk en wat doen wat Hy wil hê. Alles en almal wat die Here gemaak het, moet die Here prys op al die plekke waar Hy Koning is. En ek wil ook die Here prys.