PSALMS 103:15-22

PSALMS 103:15-22 NLV

Die mens se lewensduur is soos gras, soos veldblomme wat welig blom. As die wind daaroor waai, is dit weg, ’n mens sien die plek waar dit was nie meer nie. Maar die liefde van die HERE is altyd daar vir hulle wat Hom dien. Sy trou geld vir geslag na geslag, vir dié wat getrou is aan sy verbond en sy gebooie gehoorsaam. Die HERE het sy troon in die hemel gevestig; Hy heers oor almal. Prys die HERE, julle magtige engele, julle wesens wat sy woord uitvoer, wat luister na sy woord! Ja, prys die HERE, sy hemelse leërmagte wat Hom dien en sy wil uitvoer! Prys die HERE, al sy skeppingswerke, oral in sy koninkryk. Ek wil die HERE prys.