Van Dawid. Ek wil die Here prys, ek wil sy heilige Naam prys met my hele hart. Ek wil die Here prys, ek wil nie een ding vergeet wat Hy gedoen het nie. Dit is Hý wat al my sondes vergewe en wat my gesond maak van al my siektes. Dit is Hý wat my lewe red van die graf en wat altyd vir my doen wat Hy belowe. Dit is Hý wat goed is vir my wanneer ek swaarkry. Dit is Hý wat baie goeie dinge vir my gee, sodat ek elke dag so jonk voel soos 'n arend. Die Here doen reg aan mense, Hy oordeel reg oor die mense wat swaarkry. Hy het vir Moses gesê wat Hy wil hê, Hy het vir die Israeliete gesê wat Hy gedoen het. Die Here is goed vir mense wat swaarkry, Hy is genadig en geduldig, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Hy sal ons nie altyd beskuldig nie en nie altyd kwaad bly nie. Hy straf ons oor ons sonde, maar Hy straf ons nie so swaar soos Hy móét nie. Ja, soos die hemel baie hoog is bo die aarde, so doen die Here baie vir die mense wat Hom dien, Hy doen altyd wat Hy belowe het. So ver soos die ooste van die weste is, so ver neem Hy ons sonde weg van ons.
Lees Psalms 103
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 103:1-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's