Wanneer iemand 'n goeie vrou kry, dan het hy 'n vrou wat meer kosbaar is as koraal. Haar man weet dat sy sal doen wat sy belowe het, hy weet dat sy goed altyd meer sal word. Sy laat dit goed gaan met hom, nie sleg nie, haar hele lewe lank. Sy maak wol en vlas bymekaar en sy geniet dit om met haar hande te werk. Sy is soos die skepe van 'n handelaar, sy bring van ver plekke die kos wat sy nodig het. Sy staan op wanneer dit nog donker is, sy gee vir haar huisgesin kos en sy gee vir haar bediendes werk. Sy dink goed oor 'n stuk grond en sy koop dit, sy neem van haar eie geld en sy plant daar wingerdstokke. Sy is sterk, sy kan aanhou werk. Wanneer sy sien dat mense graag haar goed koop, dan werk sy die hele nag. Sy steek haar hande uit en sy werk by die spinwiel en die weefstoel. Sy gee graag vir mense wat hulleself nie kan beskerm nie, vir mense wat niks het nie. Wanneer dit sneeu, dan is sy nie bekommerd oor haar huisgesin nie, want hulle dra almal warm klere. Sy maak vir haar komberse, sy dra klere van linne en pers wol. Almal ken haar man, hy sit saam met die leiers van die land by die poort. Sy maak klere en sy verkoop dit, sy gee vir die handelaars nekdoeke om te verkoop.
Lees Spreuke 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 31:10-24
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's