Spreuke 30:24-28
Spreuke 30:24-28 ABA
Daar is vier dinge op die aarde wat klein is maar wat meer wysheid het as almal: Miere is nie sterk nie, maar in die somer bêre hulle kos vir die winter. Dassies is nie sterk nie, maar hulle woon op die rotse. Sprinkane het nie 'n koning nie, maar hulle vlieg saam in swerms. 'n Geitjie is klein, jy kan hom met jou hand vang, maar hy is ook in konings se paleise.

