Spreuke 16:1-9

Spreuke 16:1-9 ABA

'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen, maar dit is die Here wat sê wat sal gebeur. 'n Mens dink dat alles reg is wat hy doen, maar die Here kyk of dit waarlik reg is. Jy moet vir die Here vra wat jy moet doen, dan sal jou planne slaag. Die Here het 'n plan met alles wat Hy gemaak het, Hy het ook 'n plan met die mense wat verkeerd doen, Hy sal hulle laat swaarkry. Die Here haat mense wat hoogmoedig is, daardie mense sal hulle straf kry, dit is seker. As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe, dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo. As jy die Here respekteer en Hom dien, dan sal dit nie sleg gaan met jou nie. Wanneer die Here tevrede is met 'n mens se lewe, dan laat Hy ook daardie persoon se vyande in vrede met hom lewe. Dit is beter om 'n bietjie te hê wat jy eerlik gekry het as om baie te hê wat jy nie eerlik gekry het nie. 'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen, maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 16:1-9