Iemand wat nie gou kwaad word nie, is baie verstandig, maar iemand wat gou kwaad word, wys vir almal dat hy 'n dwaas is. Wanneer 'n persoon kalm dink oor dinge, dan bly hy gesond, maar wanneer hy jaloers is, dan maak dit hom siek. Wanneer iemand 'n arm mens verdruk, dan beledig hy die Here wat die arm mens gemaak het. As iemand goed is vir 'n arm mens, dan respekteer en dien hy die Here. 'n Mens wat verkeerd doen, sterf omdat hy slegte dinge doen, die mens wat reg lewe, weet dat die Here hom beskerm, ook wanneer hy sterf. Wysheid pas by 'n verstandige mens, maar 'n dwaas weet niks van wysheid nie. Almal respekteer 'n volk wanneer sy mense reg doen, maar wanneer sy mense sonde doen, dan moet 'n volk skaam wees. 'n Koning hou van 'n verstandige amptenaar, maar die koning word kwaad wanneer die amptenaar nie sy werk doen nie.
Lees Spreuke 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 14:29-35
21 Days
Learn how best to pray, both from the prayers of the faithful and from the words of Jesus Himself. Find encouragement to keep taking your requests to God every day, with persistence and patience. Explore examples of empty, self righteous prayers, balanced against the pure prayers of those with clean hearts. Pray constantly.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's