Filippense 2:6-11

Filippense 2:6-11 ABA

Hy was dieselfde soos God, maar Hy het nie gedink dat Hy altyd moet aanhou om so belangrik soos God te wees nie. Hy het Homself verneder en Hy het geword soos 'n slaaf, Hy het 'n mens geword soos ons. Toe Hy 'n mens geword het, het Hy Homself nog meer verneder, Hy was gehoorsaam en Hy het gesterf. Ja, Hy het aan die kruis gesterf. Daarom het God Hom belangrik gemaak, baie belangrik. En God het vir Hom 'n Naam gegee, die belangrikste van al die Name, die Naam “Here.” Daarom sal almal vir Jesus aanbid, almal in die hemel en op die aarde en onder die aarde. Ja, al die mense sal sê hulle glo dat Jesus Christus die Here is, en so sal hulle vir God die Vader prys.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid