Die Leviete het gelees uit die boek, uit die wette van God. Hulle het verduidelik wat dit beteken sodat almal dit kon verstaan. Die goewerneur Nehemia, die priester en sekretaris Esra en die Leviete wat die wette vir die mense verduidelik het, het toe vir al die mense gesê: “Hierdie dag is gewy aan julle God die Here, julle moenie huil of treur nie.” Want al die mense het gehuil toe hulle hoor wat die wette sê. Die goewerneur het vir die mense gesê: “Julle moet gaan, julle moet lekker kos eet en soetgoed drink. Julle moet vir ander mense wat niks gereedgemaak het nie, ook daarvan stuur. Want hierdie dag is gewy aan ons Here. Julle moenie hartseer wees nie, julle moet bly wees daaroor dat die Here julle beskerm.” Die Leviete het vir die mense gesê hulle moet stil wees en nie hartseer wees nie, want dit is 'n gewyde dag.
Lees Nehemia 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 8:9-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's