Nehemia 7

7
Nehemia laat mense wagstaan in Jerusalem
1Nadat ons die muur klaar gebou het en die deure van die poorte ingesit het, het ons poortwagte en mense wat moet sing en Leviete gekies en aangestel. 2Ek het my broer Ganani aangestel om oor Jerusalem te regeer saam met Gananja. Gananja was die hoof van die gebou by die tempel, die gebou wat sterk mure gehad het. Gananja het altyd gedoen wat hy belowe het en hy het God gerespekteer, meer as baie ander mense. 3Ek het vir hulle gesê: “Julle moenie die deure van die poorte van Jerusalem oopmaak voordat die son warm is nie, en julle moet die deure toemaak met die sluitbalke voordat die mense gaan slaap. Julle moet ook wagte kies en aanstel uit die mense van Jerusalem. Elkeen moet 'n beurt kry om wag te staan en elkeen moet wagstaan voor sy huis.”
Die mense wat saam met Serubbabel teruggekom het uit Babel
(Kyk ook Esra 2:1-67)
4Die stad was groot en wyd, maar daar was min huise en min mense. 5My God het my laat besluit om die belangrike mense en die leiers bymekaar te bring sodat ons die mense se name op die naamlys kon skryf. En toe kry ek 'n ander lys, die name van die mense wat eerste teruggekom het na Juda, was daarop geskryf. Ek het gesien hulle het daarop geskryf:
6Hier is 'n lys van die mense van die provinsie Juda wat teruggekom van Babel. Koning Nebukadnesar van Babel het hulle voorheen weggevat na Babel, en hulle was daar gevangenes. Nou het hulle teruggekom na Jerusalem en Juda, elkeen het teruggekom na sy eie stad. 7Hulle het gekom saam met Serubbabel, en saam met Jesua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Misperet, Bigwai, Negum en Baäna. Hier is 'n lys van die families van die volk Israel en hoeveel mense in elke familie was:
8Die families was:
Paros, hulle was almal saam 2 172 mans, 9Sefatja 372, 10Arag 652, 11Pagat-Moab, dit was die Jesua-familie en die Joab-familie, 2 818, 12Elam 1 254, 13Sattu 845, 14Sakkai 760, 15Binnuï 648, 16Bebai 628, 17Asgad 2 322, 18Adonikam 667, 19Bigwai 2 067, 20Adin 655, 21Ater, dit was 'n Hiskia-familie, 98, 22Gasum 328, 23Besai 324, 24Garif 112 en 25Gibeon 95.
26Daar was ook mense van hierdie stede: Van Betlehem en Netofa was daar 188 mense, 27Anatot 128, 28Bet-Asmawet 42, 29Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743, 30Rama en Geba 621, 31Mikmas 122, 32Bet-El en Ai 123, 33die ander Nebo 52, 34die ander Elam 1 254, 35Garim 320, 36Jerigo 345, 37Lod, Hadid en Ono 721, 38en Senaä 3 930.
39Die priester-families was: Jedaja, van die nageslag van Jesua, hulle was 973, 40Immer 1 052, 41Pasgur 1 247 42en Garim 1 017.
43Die Leviete-families was Jesua, dit is die Kadmiël-familie en die Hodewa-familie, hulle was 74.
44Die Asaf-familie was die mense wat moes sing, hulle was 148.
45Die poortwagte was die families Sallum, Ater, Saltan, Akkub, Gatita en Sobai, hulle was 138.
46Die tempel-slawe was die families Siga, Gasufa, Tabbaot, 47Keros, Sia, Padon, 48Lebana, Gagaba, Salmai, 49Ganan, Giddel, Gagar, 50Reaja, Resin, Nekoda, 51Gassam, Ussa, Paseag, 52Besai, Meünim, Nefusesim, 53Bakbuk, Gakufa, Gargur, 54Baslit, Megida, Garsa, 55Barkos, Sisera, Tamag, 56Nesiag en Gatifa.
57Die nageslag van die slawe van Salomo was die families Sotai, Soferet, Perida, 58Jaäla, Darkon, Giddel, 59Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Amon. 60Die tempel-slawe en die persone van die nageslag van die slawe van Salomo was almal saam 392.
61Daar het ook persone gekom uit die stede Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer. Maar hulle kon nie bewys aan watter families hulle behoort en wie hulle voorvaders was en dat hulle Israeliete is nie. 62Dit was 642 persone van die Delaja-familie, die Tobija-familie en die Nekoda-familie. 63Die priester-families was: Gobaja, Kos en Barsillai. Barsillai het getrou met 'n dogter van Barsillai van die land Gilead en toe het hy homself ook Barsillai genoem. 64Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, en daarom kon hulle nie meer priesters wees nie. 65Die goewerneur het vir hulle gesê hulle mag nie eet van die hoog-gewyde offers nie. Hulle moes wag totdat 'n priester vir die urim en tummim gevra het wat met hulle moet gebeur.
66Die mense wat teruggekom het, was almal saam 42 360. 67Daar was ook nog 7 337 slawe en slavinne, en die 245 mans en vroue wat moes sing. 68 69Hulle het 435 kamele en 6 720 donkies gehad. 70Party van die familiehoofde het presente gebring vir die werk by die tempel. Die goewerneur het 1 000 goue darieke en 50 bakke en rokke vir 530 priesters gegee.
71Party van die familiehoofde het 20 000 goue darieke en 2 200 mines silwer gegee. 72Die ander mense het 20 000 goue darieke, 2 000 mines silwer en rokke vir 67 priesters gegee. 73Die priesters en die Leviete, die poortwagte en die mense wat moes sing en party van die ander mense het gaan

Tans Gekies:

Nehemia 7: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid