Ek het in daardie tyd in Juda gesien dat mense op die Sabbatdag werk. Hulle het die parskuipe getrap en ander mense het vragte koring op donkies gelaai en ook wyn en druiwe en vye en ander goed. Hulle het dit in Jerusalem ingebring op die Sabbatdag. Ek het vir hulle gesê hulle mag nie op die Sabbatdag goed verkoop nie. Daar het ook mense van Tirus gewoon in Jerusalem, en hulle het vis en ander goed op die Sabbatdag verkoop aan die mense van Juda en Jerusalem. Ek het geraas met die leiers van Juda en vir hulle gesê: “Hoekom doen julle hierdie verkeerde ding? Julle ontwy die Sabbatdag. Julle voorvaders het dit ook gedoen, en ons God het al hierdie slegte dinge laat gebeur met ons en met die stad. Julle maak Hom nog meer kwaad wanneer julle die Sabbatdag ontwy.” Ek het toe dít gedoen: Ek het gesê hulle moet die poorte van Jerusalem sluit wanneer die Sabbatdag begin, en hulle moenie die poorte oopmaak voordat die Sabbatdag verby is nie. Ek het party van my manne by die poorte laat staan om te kyk dat daar nie goed inkom op die Sabbatdag nie. Die handelaars en die ander mense wat goed verkoop, het toe een of twee aande buite teen die muur van die stad geslaap. Ek het hulle gewaarsku en gesê: “Hoekom slaap julle hier teen die muur? As julle dit weer doen, dan sal ek julle straf.” Hulle het toe nie weer op die Sabbatdag gekom nie. Ek het vir die Leviete gesê hulle moet hulleself reinig en by die poorte kom wagstaan, sodat die Sabbatdag 'n gewyde dag sal wees. Ek het gebid en gesê: “My God, U moet dit ook onthou, U moet goed wees vir my, U is altyd goed vir mense wat aan U behoort.”
Lees Nehemia 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 13:15-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's