Markus 6:14-16

Markus 6:14-16 ABA

Al die mense het oor Jesus gepraat, daarom het koning Herodes ook van Hom gehoor. Party mense het gesê: “Jesus is Johannes die Doper. Johannes het gesterf, maar hy lewe weer. Daarom doen hy wonderwerke.” Party mense het gesê: “Hy is Elia.” Ander mense het gesê: “Jesus is 'n profeet, soos een van die profete wat lank gelede gelewe het.” Toe koning Herodes van Jesus hoor, het hy gesê: “Ek het Johannes die Doper se kop laat afkap, en nou lewe hy weer.”