Toe Jesus vir hulle geleer het, het Hy gesê: “Pasop vir die skrifgeleerdes. Hulle wil graag met deftige klere rondloop en hulle wil hê almal moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom. Hulle wil graag sit op die belangrikste plekke in die sinagoges en by die feeste. Maar die skrifgeleerdes is mense wat weduwees bedrieg en wat hulle huise vat. En hulle is mense wat baie lank bid sodat ander mense dit moet sien. God sal hulle baie swaar straf.” Jesus het voor die dankoffer-kis in die tempel gaan sit en Hy het gekyk hoe al die mense koper geldstukke in die kis gooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. Daar kom toe 'n arm weduwee en sy gooi twee klein geldstukkies in. Dit was baie min geld. Jesus het sy dissipels geroep en vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat geld in die dankoffer-kis gegooi het. Die ryk mense het baie geld om in te gooi en daarna het hulle nog baie geld. Hierdie vrou is baie arm, maar sy het alles ingegooi, sy het nie meer geld om kos te koop nie.”
Lees Markus 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 12:38-44
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's