Jesus het in Jerusalem na die tempel-gronde gegaan. Hy het daar rondgekyk na alles. Daarna het Jesus en sy twaalf dissipels na Betanië gegaan, want dit was al laat. Die volgende dag het Jesus en sy dissipels uit Betanië gegaan. Jesus het honger geword en Hy het 'n vyeboom gesien wat vol blare was. Die boom was ver en Hy het daarnatoe gegaan om te sien of daar iets aan die boom was om te eet. Toe Hy daar kom, sien Hy daar is niks, net blare. Dit was nie die regte tyd vir vye nie. Jesus sê toe vir die boom: “Niemand sal weer 'n vy van jou eet nie, nooit nie.” Sy dissipels het gehoor wat Hy gesê het. Jesus en sy dissipels het na Jerusalem gegaan. Hy het na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te verkoop en te koop. Jesus het hulle uitgejaag. Hy het die tafels omgegooi van die mense wat die geld omgeruil het en ook die stoele van die mense wat duiwe verkoop het. Hy het gesê niemand mag iets dra oor die tempel-gronde nie. Jesus het begin om vir die mense te leer en Hy het gesê in die Ou Testament is geskryf
Lees Markus 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 11:11-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's