Miga 3:9-12
Miga 3:9-12 ABA
Leiers van die Israeliete, julle moet luister! Julle dink dit is nie belangrik om reg te doen nie, julle dink dit is reg om verkeerd te doen. Die hele Jerusalem is vol moordenaars en mense wat verkeerd doen. Dit is julle skuld. Die leiers wat moet sê wat reg is, vra geld om dit te doen. Die profete wat moet sê wat sal gebeur, vra geld om dit te doen. Julle doen nie reg nie, maar julle sê die Here is by julle. Julle sê Hy sal dit goed laat gaan met julle. Omdat julle dit doen, sal die vyande Jerusalem omploeg soos 'n mens 'n stuk grond omploeg. Hulle sal Jerusalem verwoes, en die berg waar die tempel nou staan, sal vol bosse wees.




