Matteus 9:27-30

Matteus 9:27-30 ABA

Jesus het verder gegaan. Twee blindes het agter Hom geloop. Hulle het aangehou om hard te sê: “ Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir ons en help ons!” Toe Jesus by die huis kom, het die blindes nader gekom na Hom toe. Hy het vir hulle gevra: “Glo julle dat Ek julle gesond kan maak?” Hulle het vir Jesus gesê: “Ja, Here.” Toe raak Jesus aan hulle oë en Hy sê: “Julle glo dat Ek julle gesond kan maak. Daarom sal dit nou gebeur.” Hulle oë het gesond geword, en hulle kon sien. Jesus het ernstig met hulle gepraat en gesê: “Julle moenie vir iemand hiervan vertel nie.”

Video for Matteus 9:27-30

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 9:27-30