Matteus 8:5-6

Matteus 8:5-6 ABA

Jesus het na die stad Kapernaum gegaan. Toe Hy in die stad inkom, het 'n Romeinse offisier na Hom toe gekom. Hy het gesoebat dat Jesus hom moet help. Hy het vir Jesus gesê: “Here, my slaaf lê baie siek by die huis. Hy kan nie beweeg nie, hy is lam en hy het baie pyn.”