Matteus 22:17-21

Matteus 22:17-21 ABA

Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal of nie?” Maar Jesus het geweet hulle is slegte mense en Hy het vir hulle gesê: “Julle skynheilige mense, hoekom wil julle hê Ek moet iets sê wat vir My probleme kan gee? Bring vir My die geldstuk waarmee mense belasting betaal.” Hulle bring toe vir Jesus 'n silwer geldstuk, en Hy vra vir hulle: “Wie se kop en wie se naam is op hierdie geld?” Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.” Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet aan die keiser betaal wat aan die keiser behoort, en julle moet ook aan God betaal wat aan God behoort.”