Maleagi 4

4
Die dag is nou naby
1Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die dag is nou naby, en die dag brand soos 'n vuur. Al die hoogmoedige mense en almal wat verkeerd doen, sal soos kaf wees, en op daardie dag sal hulle verbrand. Daar sal niks van hulle oorbly nie. 2Maar die son sal skyn oor julle wat My eer. Die son se strale sal julle red en julle gesond maak. Julle sal vry word en rondspring soos kalwers wat genoeg kos gekry het. 3Op daardie dag wanneer Ek doen wat Ek wil doen, sal julle op die slegte mense trap. Hulle sal wees soos kaf wat verbrand het.”
Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Ek sal die profeet Elia na julle toe stuur
4Die Here sê:
“Julle moet onthou
wat my dienaar Moses
vir julle geleer het.
Ek het vir hom al die wette gegee
op Sinai-berg,
en die wette is vir al die Israeliete.
5Maar Ek sal die profeet Elia
na julle toe stuur
voordat daardie groot dag van die Here
kom,
die dag wanneer almal bang
sal wees.
6Elia sal die pa's en hulle kinders
weer bymekaar bring.
Hulle sal weer lief wees
vir mekaar.
As dit nie gebeur nie,
dan sal Ek kom om die mense
op die aarde te straf.”

Tans Gekies:

Maleagi 4: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan