Maleagi 2:13-16

Maleagi 2:13-16 ABA

Julle doen nóg iets wat verkeerd is: Julle staan en huil by die altaar van die Here, omdat Hy nie meer julle offers wil hê nie. En julle vra: “Hoekom wil U nie meer ons offers hê nie?” Dit is omdat die Here weet julle het nie gedoen wat julle belowe het toe julle met julle vroue getrou het nie. Elke man het belowe sy vrou sal sy maat wees wat altyd by hom sal bly, maar julle het nou julle beloftes gebreek. God het jou en jou vrou so gemaak dat julle soos een mens moet wees. God maak die liggaam en die gees van die mens. Hoekom? Omdat God wil hê julle moet kinders kry wat Hom dien. Julle moenie julle beloftes breek wat julle aan julle vroue gemaak het nie. Die Here, die God van die Israeliete, sê Hy haat dit wanneer mans van hulle vroue skei. Die Here wat oor alles regeer, sê Hy haat dit wanneer mans wreed is met hulle vroue. Julle moet doen wat julle vir julle vroue belowe het.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Maleagi 2:13-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid