Lukas 6:43-46

Lukas 6:43-46 ABA

'n Goeie boom dra nie slegte vrugte nie, en 'n slegte boom dra nie goeie vrugte nie. Hoe weet 'n mens watter soort boom dit is? Jy kyk na die boom se vrugte. 'n Mens pluk nie vye van 'n doringboom nie. Jy kan ook nie druiwe van 'n doringbos pluk nie. Dit is dieselfde by mense: 'n Goeie mens praat en doen goeie dinge omdat hy in sy hart goed is. En 'n slegte mens praat en doen slegte dinge omdat hy in sy hart sleg is. Ja, 'n mens praat oor die baie dinge wat in sy hart is.” “Hoekom sê julle so baie maal Ek is julle Here, maar julle doen nie wat Ek sê nie?

Video vir Lukas 6:43-46

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 6:43-46