Lukas 24:5-8

Lukas 24:5-8 ABA

Die vroue het bang geword en hulle het laag gebuig. Toe sê die mans vir hulle: “Hoekom soek julle die Een wat lewe by die mense wat dood is? Jesus is nie hier nie, God het Hom weer laat lewe. Onthou julle wat Jesus vir julle vertel het toe julle nog in Galilea was? Hy het gesê God sal Hom, die Seun van die mens, vir sondige mense gee om dood te maak, hulle sal Hom kruisig, maar Hy sal op die derde dag weer lewe.” Die vroue het toe onthou dat Jesus dit gesê het.