LUKAS 24:5-8

LUKAS 24:5-8 NLV

Die vroue was verskrik en het hulle gesigte afgebuig grond toe. Die mans sê vir hulle: “Waarom soek julle die lewende tussen die lyke? Hy is nie meer hier nie, maar is opgewek. Onthou julle hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: ‘Die Seun van die Mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word en op die derde dag weer opstaan’?” Hulle het toe sy woorde onthou