Lukas 23:44-47

Lukas 23:44-47 ABA

Dit was omtrent twaalfuur die middag. Dit het donker geword oor die hele land. Dit was donker tot drie-uur die middag. Toe dit donker word, het die gordyn in die tempel van bo tot onder geskeur. En Jesus het hard gesê: “ Vader, Ek gee myself vir U.” Nadat Jesus dit gesê het, het Hy gesterf. Die kaptein van die Romeinse soldate het gesien wat gebeur. Hy het God geprys en gesê: “Hierdie man was regtig onskuldig.”