Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: Iemand maak miskien 'n gelofte aan die Here en hy wy 'n persoon aan die Here. Dan moet julle sê hoeveel hy moet betaal om die persoon weer los te koop. Dit is hoeveel hy moet betaal: Vir 'n man tussen 20 en 60 jaar moet hy 50 tempel-sikkels silwer betaal, vir 'n vrou 30 sikkels, vir 'n man of 'n seun tussen vyf en 20 jaar 20 sikkels, vir 'n vrou of 'n dogter tien sikkels, vir 'n seun van 'n maand tot vyf jaar vyf sikkels, vir 'n dogter drie sikkels, vir 'n man van 60 jaar en ouer 15 sikkels, en vir 'n vrou tien sikkels. “En as iemand te arm is om hierdie geld te betaal, dan moet hy die persoon wat hy gewy het, na die priester toe bring, en die priester moet besluit hoeveel die arm man kan betaal. “As iemand 'n dier bring om vir die Here te offer, en dit is 'n dier wat hy mag offer, dan is die dier aan die Here gewy. Hy mag nie die dier omruil of 'n ander dier gee nie. As hy dit doen, dan is altwee die diere aan die Here gewy. En as dit 'n onrein dier is wat hy nie aan die Here mag offer nie, dan moet hy die dier na die priester toe bring. Die priester sal sê hoeveel hy moet betaal vir daardie dier. Miskien is dit 'n goeie dier of miskien is dit 'n slegte dier, dit maak nie saak nie. Die priester moet sê hoeveel die persoon moet betaal, en die persoon moet dit dan betaal. Maar as die persoon die dier wil loskoop, dan moet hy een vyfde meer betaal.
Lees Levitikus 27
Deel
Vergelyk alle weergawes: Levitikus 27:1-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's