Johannes 9:39-41

Johannes 9:39-41 ABA

Jesus het gesê: “Ek het na die wêreld gekom om mense te oordeel. Die mense wat besef dat hulle blind is, sal sien. En die mense wat dink dat hulle kan sien, sal blind word.” Die Fariseërs wat by Jesus was, het gehoor wat Jesus sê. Toe sê hulle vir Hom: “Ons is nie blind nie.” Jesus het vir hulle gesê: “As julle besef het dat julle blind is, dan het julle nie sonde gedoen nie. Maar nou sê julle dat julle kan sien. Daarom bly julle skuldig.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Johannes 9:39-41