Jesus het ook vir sy dissipels gesê: “Ek is die ware wingerdstok. My Vader is die druiweboer. Daar is party lote wat uit My groei maar wat niks vrugte dra nie. My Vader knip daardie lote af. Maar die lote wat vrugte dra, knip Hy net skoon sodat hulle nog meer vrugte kan dra. Julle is klaar skoon. Wat Ek vir julle gesê het, het julle skoongemaak. Julle moet by My bly soos Ek by julle bly. Julle moet onthou 'n loot alleen kan nie vrugte dra nie, dit moet aan die wingerdstok vas bly. Julle kan ook nie vrugte dra as julle nie by My bly nie. Ek is die wingerdstok. Julle is die lote. As julle by My bly en as Ek by julle bly, dan sal julle baie vrugte dra. As Ek nie by julle is nie, dan kan julle niks doen nie. As mense nie by My bly nie, dan sal met hulle gebeur wat met lote gebeur wat nie vrugte dra nie. Die mense gooi daardie lote weg, en dit word droog. Later vat hulle dit en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. Julle moet by My bly, en die dinge wat Ek vir julle sê, moet in julle harte bly. Dan kan julle vir My vra wat julle wil hê en Ek sal dit vir julle gee. As julle baie vrugte dra, en as julle my dissipels is, dan sal die mense weet my Vader is God. “Die Vader is lief vir My. So is Ek ook lief vir julle. Julle moet vashou aan my liefde, my liefde moet vir julle baie belangrik wees.
Lees Johannes 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 15:1-9
4 Days
God loves you. Whoever you are, wherever you are in your life, God loves you! In this month, when we celebrate love, don't forget that God's love for you is greater than every other love. In this four day series, immerse yourself in God's love.
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!
5 Days
Are you experiencing a wilderness season, finding no water or oasis for your soul? What if this season held the greatest hope of all: to know God’s Presence intimately, authentically, and passionately? This devotional encourages you that this time is not wasted, though some days you feel as if you are going nowhere. Because no matter what terrain you tread, God is journeying with you as Comforter, Life-giver, & Friend.
6 days
We are overstressed. Culture tells us to combat our stress by chasing the next happy moment. But the Bible paints a different picture. This six-day plan will show you how you can practically combat your daily stress by making Biblical joy a habit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's