Johannes 13:12-14

Johannes 13:12-14 ABA

Toe Jesus die dissipels se voete klaar gewas het, het Hy sy bo-kleed aangetrek. Hy het weer by die tafel gaan sit en Hy het vir die dissipels gevra: “Verstaan julle wat dit beteken dat Ek julle voete gewas het? Julle noem My ‘Meneer’ en ‘Here.’ Dit is reg, want dit is wat Ek is. Ek is julle Here en julle Meneer, maar Ek het julle voete gewas. Daarom moet julle ook mekaar se voete was.