Jeremia 29:10-14

Jeremia 29:10-14 ABA

Ja, die Here sê: Babel sal 70 jaar lank sterk wees. Daardie 70 jaar moet eers verbygaan. Daarna sal Ek weer goed wees vir julle en doen wat Ek belowe het. Ek sal julle dan laat terugkom na Jerusalem. Ek weet wat Ek met julle wil doen. Ek wil hê dit moet goed gaan met julle in die jare wat sal kom, nie sleg nie. Julle moet kan hoop dat dit goed sal gaan met julle. Julle sal vra dat Ek julle moet help, julle sal aanhou bid tot My, en Ek sal julle hoor. Julle sal My soek en julle sal My kry, want julle sal My soek met julle hele hart. Ek sal julle help om My te kry, en Ek sal dit weer goed laat gaan met julle. Ek sal julle bymekaarmaak uit al die volke en uit al die plekke waarnatoe Ek julle laat gaan het, en Ek sal julle terugbring hier na die plek van waar Ek julle laat wegvat het. Dit sê die Here

Video for Jeremia 29:10-14