Jakobus 3:13-18

Jakobus 3:13-18 ABA

Wanneer een van julle dink dat hy wysheid het en verstandig is, dan moet hy wys dat hy verstandig is. Hy moet reg lewe en hy moet doen wat die Here wil hê, hy moet nederig wees soos 'n wyse mens moet wees. Maar as julle baie jaloers is en as julle altyd alles vir julleself wil hê, dan moet julle nie spog en sê dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. Daardie wysheid kom nie van God nie. Dit is die wysheid van mense wat net oor die dinge van hierdie wêreld dink, dit is nie geestelik nie, dit kom van die duiwel. Want wanneer mense jaloers is en altyd alles vir hulleself wil hê, dan maak hulle probleme en hulle doen al die slegte dinge. Nee, die wysheid wat God gee, is rein. Daardie wysheid maak vrede tussen mense, dit is vriendelik en dit luister na die dinge wat ander mense vra. Wysheid is goed vir mense, dit is soos 'n boom wat goeie vrugte dra. Wysheid dink nie dat een mens belangriker is as 'n ander mens nie, dit is nie skynheilig nie. Mense wat reg doen, maak vrede tussen mense, en hulle lewe self ook in vrede.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid