Wie is hierdie persoon wat uit die land Edom kom, uit die stad Bosra? Wie se klere is so vol rooi kolle? Wie is dit wat die klere van 'n koning dra en wat hier aankom en lyk of hy baie sterk is? Die Here het gesê: “Dit is Ek wat kom sê Ek het die oorlog gewen en Ek sal my mense red.” Maar hoekom is u klere so rooi? Hoekom lyk dit of U druiwe getrap het in 'n parskuip? Die Here het gesê: “Ek het alleen druiwe getrap in die parskuip, daar was niemand saam met My nie. Ek was kwaad en Ek het die volke getrap, Ek het hulle plat getrap, en hulle bloed het op my klere gespat. My klere het vol bloed geword. Dit is nou die regte tyd. Ek wou my vyande straf en my volk vrymaak. Ek het gekyk en Ek was verbaas, daar was niemand om My te help nie. Toe het Ek dit self gedoen. Ek was kwaad en Ek het dit self gedoen. Ek was kwaad en Ek het volke plat getrap, Ek het hulle doodgetrap en hulle bloed in die grond laat wegvloei.” Ek wil vertel wat die Here gedoen het omdat Hy lief was vir ons, ek wil Hom prys oor wat Hy gedoen het. Ek wil praat oor alles wat die Here vir ons gedoen het. Hy het aangehou om goed te doen aan die volk Israel, Hy het dit gedoen omdat Hy jammer was vir hulle en baie lief was vir hulle. Die Here het gesê: “Regtig, hulle is my volk, hulle is kinders wat nie vir My sal lieg nie.” Daarom het Hy hulle gered, elke maal wanneer dit sleg gegaan het met hulle. Hy was nie hulle vyand nie, Hy was 'n Engel, en Hy self het hulle gered. Hy het hulle vrygemaak omdat Hy lief was vir hulle en jammer was vir hulle. Hy het hulle opgetel en gedra, elke dag, lank gelede. Maar hulle was opstandig, hulle het sy Heilige Gees hartseer gemaak. Toe het die Here verander. Hy het hulle vyand geword en Hy het teen hulle oorlog gemaak.
Lees Jesaja 63
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 63:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's