Jesaja 62:1-5

Jesaja 62:1-5 ABA

“Jerusalem, omdat Ek lief is vir jou, sal Ek nie stilbly nie. Ek sal aanhou totdat jy is wat Ek wil hê jy moet wees, totdat Ek jou gered het. Dit sal soos helder lig wees vir jou, soos 'n fakkel wat brand. Die volke en hulle konings sal sien jy is soos Ek wil hê jy moet wees en jy is 'n sterk stad. Hulle sal vir jou 'n nuwe naam gee, die Here het self daardie naam gekies.” Die Here sal jou vashou soos 'n baie mooi kroon, soos die tulband van 'n koning. Mense het jou en jou land genoem “Die stad waar nie meer mense woon nie,” en “Die land wat verwoes is.” Hulle sal jou nou nie meer so noem nie. Hulle sal jou nou noem “Die stad waarvan die Here hou,” en hulle sal jou land noem “Die land wat aan die Here behoort.” Want die Here hou van jou, en jou land behoort aan Hom. Soos 'n jongman met 'n meisie trou, so sal jou mense sê jy behoort aan hulle. Soos 'n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God bly wees oor jou.