Jesaja 58:13-14

Jesaja 58:13-14 ABA

“Julle moet niks verkeerd doen op die Sabbatdag nie, julle moenie op my gewyde dag doen wat julle wil nie. Die Sabbatdag moet vir julle 'n feesdag wees, julle moet die gewyde dag van die Here respekteer. Julle moet die dag respekteer en nie doen wat julle op ander dae doen nie, julle moenie doen en praat wat julle wil nie. Dan sal dit vir julle 'n fees wees om die Here te dien. Hy sal julle oor die hoogste plekke laat ry. Hy sal julle laat eet van die koring en die vrugte van die land van julle voorvader Jakob.” Ja, dit het die Here gesê.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jesaja 58:13-14

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid