Hulle moet 'n nuwe lied sing vir die Here, almal in die wêreld moet Hom prys, die mense op die see en alles in die see, en die mense wat ver van hier langs die see woon. Die mense in die woestyn en in die stede in die woestyn, moet die Here prys, die mense in die stede van die land Kedar. Die mense moet juig wat in Sela woon, hoog op die berg, hulle moet op die berge staan en skree. Hulle moet die Here eer, die mense wat ver van hier langs die see woon, moet Hom prys. Die Here kom soos 'n soldaat wat wil oorlog maak, Hy skree en Hy oorwin sy vyande.
Lees Jesaja 42
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Jesaja 42:10-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's