Jesaja 41:11-15

Jesaja 41:11-15 ABA

Kyk, almal wat iets sleg wil doen aan julle, sal teleurgesteld wees. Hulle sal nie weet wat om te doen nie. Die mense wat wil hê dit moet sleg gaan met julle, sal word soos niks, hulle sal sterf. Die mense wat oorlog maak teen julle, sal word soos niks, julle sal hulle soek en julle sal hulle nie kry nie. Ja, Ek, julle God die Here, Ek maak julle sterk, Ek sê vir julle: Moenie bang wees nie, Ek help julle. “Julle is so swak soos 'n wurm, julle is min, maar julle moenie bang wees nie, Ek help julle.” Dit sê die Here, die Heilige God van Israel. “Kyk, Ek het julle soos 'n nuwe dors-slee gemaak, 'n dors-slee wat skerp ysters het. Julle sal berge en heuwels fynmaal en julle sal dit soos kaf maak.

Video for Jesaja 41:11-15