Jesaja 35:8-10

Jesaja 35:8-10 ABA

Daar sal 'n pad wees, en die mense sal die pad noem “ Gewyde Pad.” Onrein mense en dwase sal nie op hierdie pad loop nie, net mense wat reg lewe, sal daar loop. Leeus en ander wilde diere sal nie op die pad loop nie. Die Here het mense gered, en net hulle sal daar loop. Die Here het sy mense vrygemaak, en hulle sal sing wanneer hulle in Sion kom. Hulle sal vrolik en bly wees, hulle sal nie swaarkry en huil nie.