Nou kan julle nie verstaan wat die Here vir julle sê nie. Dit is soos 'n boek wat toegemaak en verseël is. Jy gee dit vir iemand wat kan lees, en jy sê vir hom: “Lees asseblief wat in die boek geskryf is,” en hy sê: “Ek kan dit nie lees nie, want die boek is verseël.” Of jy gee die boek vir iemand wat nie kan lees nie, en jy sê vir hom: “Lees asseblief,” en hy sê: “Ek kan nie lees nie.” Die Here het gesê: “Hierdie volk kom dien My met hulle mond, met hulle woorde. Hulle eer My met die woorde wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My. Daarom probeer hulle My dien met wette wat mense gemaak het, dit is nie Ek wat daardie wette gemaak het nie. Dit is hoekom Ek nou met hierdie volk iets sal doen wat hulle sal skok. Hulle sal nie weet wat gebeur nie. Die slim mense wat dink hulle weet alles, sal nie verstaan nie.”
Lees Jesaja 29
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 29:11-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's