Jesaja 25:8-9

Jesaja 25:8-9 ABA

Hy sal die dood vir altyd wegvat, ja, die Here sal die trane afvee van al die mense se gesigte. Niemand op die hele aarde sal aanhou om sy volk te spot nie. Die Here het dit gesê. Daardie dag sal die mense sê: “Kyk, ons God is hier. Ons het geglo Hy sal ons red, en Hy het dit gedoen. Hy is die Here, ons glo in Hom. Ons wil juig en vrolik wees, want Hy het ons gered.