Jesaja 12

12
Julle sal bly wees en juig
1Jy sal daardie dag sê:
“Here, ek wil U prys,
want U was kwaad vir my,
maar U is nie meer kwaad nie
en U het dit weer goed laat gaan met my.
2U is die God wat my sal red.
Ek glo dit, en ek sal nie bang wees nie.
Die Here maak my sterk en bly.
Hy is my Redder.”
3Julle sal bly wees en juig
wanneer julle water skep
uit die Fontein van redding.
4Julle sal daardie dag sê:
“Prys die Here,
sê vir almal wie Hy is,
vertel vir al die volke
wat Hy gedoen het,
sê vir hulle Hy is belangriker as alles.
5Sing en prys die Here,
want Hy het 'n wonderlike ding gedoen.
Sê dit vir al die mense op die aarde.
6Julle wat in Sion woon,
julle moet vrolik wees en juig,
want die Heilige God van Israel is by julle,
en Hy is sterk.”

Tans Gekies:

Jesaja 12: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan