“Die koning en sy amptenare was bly dat hulle mense sleg was en gelieg het. Almal pleeg egbreuk. Hulle is warm soos 'n oond wat warm bly wanneer die bakker nie meer vuurmaak nie en wag dat die brood eers moet reg word om te bak. Hulle koning het feesgevier, en toe het hulle sy amptenare baie dronk gemaak. Die mense wat vir die koning moes help, het gesit en lag. Hulle is soos die kole in 'n oond wat in die nag warm bly en in die oggend weer begin brand. Hulle wag vir die regte tyd om die koning dood te maak. Hulle is soos die vuur in 'n oond wat aanhou brand, hulle maak hulle leiers dood. Hulle konings sterf almal, maar hulle vra nie dat Ek hulle moet help nie. “Die mense van Efraim lewe tussen ander volke, en die volke doen met die mense van Efraim wat hulle wil. Efraim beteken nou niks. Mense van ander lande regeer oor hulle en maak hulle swak, maar hulle weet dit nie. Hulle is soos brood wat oud en muf geword het, maar hulle weet dit nie. Die mense van Israel het gedink hulle is belangrik, maar hulle is nie meer belangrik nie. Hulle het nie teruggekom na hulle God die Here nie. Dit het sleg gegaan met hulle, maar hulle het nie vir die Here gevra wat hulle moet doen nie. Die mense van Efraim is soos 'n duif wat dom is. Hulle vra vir Egipte om hulle te help, maar dan vlieg hulle na Assirië toe. Ek sal hulle vang soos 'n mens voëls vang. Ek sal 'n vangnet oor hulle gooi en hulle vang wanneer hulle opvlieg.
Lees Hosea 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hosea 7:3-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's