Hosea 12:10-12

Hosea 12:10-12 ABA

Die Here sê: “Ek, julle God die Here, het julle geken toe julle nog in Egipte was. Ek sal julle weer in tente laat woon soos daardie tyd toe julle in die woestyn was. Ek het met die profete gepraat, Ek het vir hulle gewys wat sal gebeur. Ek sal hulle nou stuur om so te praat dat die mense hulle nie kan verstaan nie. “Die mense van die land Gilead is sleg en hulle beteken niks. Hulle offer bulle in die stad Gilgal, maar Ek sal hulle altare afbreek, en die klippe van die altare sal op mekaar lê langs die koringlande.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hosea 12:10-12