Hebreërs 5:1-6

Hebreërs 5:1-6 ABA

Wanneer God mense kies en aanstel om hoëpriesters te wees, dan is dit altyd húlle wat God se werk moet doen. Hulle moet dan presente en offers bring omdat mense sondes doen. So 'n hoëpriester kan geduldig wees met die mense wat verkeerde dinge doen omdat hulle nie geweet het dat dit verkeerd is nie. Die hoëpriester doen dit omdat hy self ook 'n swak mens is. Daarom moet die hoëpriester ook vir sy eie sondes offers bring, soos hy vir die volk se sondes offers bring. 'n Hoëpriester kry eer, maar niemand kan self kies om hoëpriester te wees nie. Nee, dit is God wat sê dat daardie persoon hoëpriester moet wees, soos God dit ook vir Aäron gesê het. So het die Christus ook nie self gekies om eer te kry en om Hoëpriester te wees nie. Nee, God het vir Hom die eer gegee, God het vir Hom gesê: Jy is my Seun, Ek is van vandag af jou Vader. So sê God ook