’n Hoofpriester is iemand wat uit die mense geneem en vir die mense aangewys word om priesterdiens voor God te verrig. Hy lê dié mense se gawes voor God en bring ook offers vir hulle sondes. Hy kan empatie hê met die onkundiges en dwalendes omdat hy self aan swakheid onderhewig is. Hy is daarom verplig om nie net vir die volk nie, maar ook vir sy eie sondes offers te bring. En niemand kan ’n hoofpriester word bloot omdat hy graag daardie ereposisie wil hê nie. Hy moet deur God daartoe geroep word – net soos in die geval van Aäron. Net so het Christus ook nie vir Homself die waardigheid van hoofpriester toegeëien nie. Nee, Hy is aangewys deur die Een wat vir Hom gesê het: “Jy is my Seun. Vandag het Ek jou Vader geword.” En op ’n ander plek het God vir Hom gesê: “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.”
Lees HEBREËRS 5
Luister na HEBREËRS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 5:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's