Haggai 2:1-9

Haggai 2:1-9 ABA

Op die 21ste dag van die sewende maand het die Here weer die profeet Haggai gestuur om vir hulle 'n boodskap te bring. Die Here het gesê: “Sê vir Serubbabel en vir Jesua en vir al die ander mense wat nog lewe: Wie van julle wat nog lewe, het voorheen my tempel gesien toe dit so mooi was? Hoe lyk hierdie tempel nou vir julle? Nie mooi nie! Maar Ek, die Here, sê: Julle moet sterk wees. Serubbabel en Jesua en al die mense van die land, julle moet sterk wees en werk, want Ek is by julle.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “Toe julle weggegaan het uit Egipte, het Ek belowe dat Ek julle sal help. Ek het my belofte nie vergeet nie. Moenie bang wees nie, Ek is by julle.” Ja, die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal nog een maal die hemel en die aarde, die see en die land, skud. Ek sal dit gou doen. Dan sal al die volke hulle mooi en duur goed bring en hulle sal die tempel daarmee volmaak.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “Al die silwer en al die goud is Myne,” sê die Here wat oor alles regeer. “Hierdie tempel sal mooier wees as die tempel wat voorheen hier was.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “In hierdie tempel sal dit goed gaan,” sê die Here wat oor alles regeer.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid