Haggai 1:3-9

Haggai 1:3-9 ABA

Die Here het vir Haggai gestuur om vir hulle 'n boodskap te bring: Die Here het gesê: “Is dit reg dat julle in julle pragtige huise woon, die huise wat julle met hout mooi gemaak het? Kyk, my tempel staan nie meer nie, dit is net 'n hoop klippe.” En nou sê die Here wat oor alles regeer: “Dink oor alles wat met julle gebeur het: Julle het baie koring gesaai, maar julle het min koring afgesny. Julle het geëet, maar julle was nog honger. Julle het gedrink, maar julle was nog dors. Julle het klere aangetrek, maar julle het nog koud gekry. Julle het hard gewerk vir ander mense, maar julle het nie geld nie.” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Dink oor wat met julle gebeur het en gaan haal hout op die berg en bou my tempel. Dan sal Ek bly wees daaroor en dan kan die mense My daar eer.” Dit het die Here gesê. Die Here sê: “Julle het gehoop daar sal baie koring wees wat julle kan afsny, maar julle het min gekry. Toe julle dit huis toe gebring het, het Ek dit laat verdwyn. Hoekom?” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek het dit gedoen omdat my tempel nie meer staan nie. Dit is net 'n hoop klippe, maar julle almal werk hard net om julle eie huise te bou.