Genesis 39:1-5

Genesis 39:1-5 ABA

Die Ismaelitiese handelaars het vir Josef na Egipte gebring. 'n Belangrike amptenaar, Potifar, het hom gekoop. Potifar was die hoof van die wagte wat die farao moes oppas. Die Here was by Josef, en dit het baie goed gegaan met alles wat hy gedoen het. Hy het in die huis van sy eienaar in Egipte gewoon. Potifar het gesien dat die Here by Josef is. Hy het gesien dat die Here dit goed laat gaan met alles wat Josef doen. Daarom was Potifar baie vriendelik met Josef, en Josef moes self vir Potifar kos bedien. Hy het vir Josef die hoof gemaak oor sy hele huis en alles wat hy het. Nadat Potifar vir Josef gekies en aangestel het oor sy huis en oor alles wat hy het, het die Here hom en sy huis geseën. Die Here het alles geseën in Potifar se huis en in sy boerdery.

Video for Genesis 39:1-5